Tuis | Wie is ons | Sluit Aan | Blog


Wie is Ons

Vry Afrikaner is 'n genootskap van oplossing gedrewe Afrikaners wat 'n belangrike bydrae lewer tot ekonomiese ontwikkeling en bewusmaking van die volkstaat. Ons is 'n organisasie sonder winsoogmerk en word vanuit Orania bedryf. Vry Afrikaner is op 14 Augustus 2010 gestig en is in 2013 ingelyf as 'n maatskappy sonder winsoorgmerk (NWO/NPC).

Die Vry Afrikaner Ontwikkelingsfonds is in die lewe geroep om ekonomiese groei en Afrikanerwerkskepping te versnel deur die ontwikkeling van besigheidseiendom, entrepreneurskap en nuwe sakeondernemings in en om Orania met die Weskus as ons volgende uitbreiding. Ons word van meeste organisasies onderskei deurdat ons uitsluitlik in die private sektor werksaam is en dat ons lede jaarliks 'n bonus inkomste verdien by die organisasie.

Die Vry Afrikaner Mediakantoor behartig die bemarking van ons projekte en bedryf ons blog, webwerwe en sosiale media. Ons hou duisende lesers op hoogte van gebeure in die volkstaat en versprei inligting wat spesifiek handel oor ontwikkelingsprojekte, ekonomiese aangeleenthede en Afrikanerselfbeskikking.

Word deel van ons dinamiese vryheidsbeweging. Lees meer oor Vry Afrikaner lidmaatskap.



© Vry Afrikaner. inligting@vryafrikaner.co.za. Webwerf ontwerp deur QD. Vertoon beste op Internet Explorer. Sien ook lief-orania.co.za en oraniatoere.co.za
Tuis | Volkstaat Ontwikkeling | Sluit Aan | Wie is Ons | Volkstaat Orania | Orania Besighede | Voorsittersverslag | Blog | Kontak Ons