Tuis | Wie is ons | Sluit Aan | Blog


Aansoek om Vry Afrikaner-lidmaatskap

By Vry Afrikaner ontvang ons lede jaarliks 'n bonus uitbetaling! Hier word die klem geplaas op die vestiging van ín Afrikaner-dominante ekonomie van skaal binne die aangewese volkstaatgebied. Ons pas nie ons toekomsvisie aan by die middele tot ons beskikking nie - ons gaan vind eerder die middele om ons toekomsvisie in sy grootste vorm mee te verwesenlik. Ons toekomsvisie is 'n eie land vir ons volk.

Die rol van Vry Afrikaner

Vry Afrikaner se suiwer onafhanklike ontwikkelingsfonds en mediaplatform word eksklusief binne die privaat sektor bedryf. Ons bly realisties in terme van skaal en handhaaf ín gesonde balans tussen werklike markaanvraag, ontwikkelingstempo en opbrengs op kapitaal.

Ons maak strategiese beleggings in ontwikkelingsprojekte en sakeondernemings in en om Orania en verdien ín opbrengs deur dividende wat aan ons uitbetaal word en huurinkomste wat ons verdien. Ons volgende uitbreiding is 'n volkstaatontwikkeling op die Weskus.

Ďn Gedeelte van die opbrengs wat uit ons beleggings genereer word, word in nuwe projekte en ondernemings belÍ wat vir ons nuwe bronne van huurinkomste en dividende skep en by implikasie ons inkomstebron vergroot. Omrede ons 'n organisasie sonder winsoogmerk is, word ons lede beloon deur jaarliks 'n Vry Afrikaner bonus te ontvang. Die bonusse wat aan ons lede uitbetaal word vorm die totaalbedrag van die restant van ons beleggingsopbrengs wat nie herbelÍ word nie. 'n Groter inskomstebron verseker 'n deurlopende verhoging in ons belegginsvermoŽ en die uitbetalings aan ons lede. Dit is ín evolusionÍre siklus wat toenemende groei en ontwikkeling waarborg.

Die gevolg is ín gesonde en toenemende bonus vir ons lede, groter ontwikkeling en ín daadwerklike hupstoot vir Afrikanerwerkskepping binne die volkstaatgebied. Die werksgeleenthede wat in die proses geskep word maak dit vir meer Afrikaners moontlik om te hervestig, wat weer bydra tot meerderheidsbesetting en uiteindelike onafhanklikheid.

Om ín lid van Vry Afrikaner te wees beteken dat jy deel word van ín genootskap van progressiewe Afrikaners wat ín ekonomie van skaal in die volkstaat vestig. Die Afrikaner entrepreneurs waarin ons belÍ, baat nie net uit die ontwikkelingsfonds wat ons lede help skep nie, maar kry ook ervare rolspelers by Vry Afrikaner aan boord wat hul bystaan om 'n sukses van hul ondernemings in die volkstaat te maak.

Wat is die koste?

Die eenmalige aansluitingsfooi beloop slegs R 1000. Elke sent hiervan word in ontwikkelingsprojekte en kleinsakeondernemings in en om Orania belÍ met stelselmatige uitbreiding na die Weskus.

Daar is nie 'n maandelikse of selfs jaarlikse lidmaatskapsfooi nie. Ons trek 'n nominale bedrag van 10% af van die Vry Afrikaner bonusse wat jaarliks aan lede uitbetaal word om sodoende ons bedryfskostes te dek. In plaas daarvan dat Vry Afrikaner-lede jaarliks 'n lidmaatskapfooi betaal, ontvang ons lede eerder jaarliks 'n inkomste by ons genootskap!

Doen aansoek om Vry Afrikaner-lidmaatskap deur ons aanlynvorm te voltooi. Inligting met betrekking tot ons lede is vertroulik en sal nie aan derde partye verskaf word nie.

Aansoekvorm

NB. Maak asb. seker dat al die velde gemerk met 'n  *  ingevul is om te verseker dat die vorm gestuur word.


Naam en van * :

Selfoonnommer * :

E-posadres * :

Bevestig E-posadres * :

Dorp/stad waar u woon * :

Ouderdom :

Beroep :

Meld asb. spesifieke
terreine waarop u
'n kenner is of baie
in belangstel :



© Vry Afrikaner. inligting@vryafrikaner.co.za. Webwerf ontwerp deur QD. Vertoon beste op Internet Explorer. Sien ook lief-orania.co.za en oraniatoere.co.za
Tuis | Volkstaat Ontwikkeling | Sluit Aan | Wie is Ons | Volkstaat Orania | Orania Besighede | Voorsittersverslag | Blog | Kontak Ons