Tuis | Wie is ons | Sluit Aan | Blog


Orania - die Afrikanertuiste

Die Afrikanertuiste is gele langs die lowergroen oewer van die Oranjerivier, sowat 150 km suid van Kimberley en 250 km suidwes van Bloemfontein.

Sedert die ou verlate en vervalle Waterwese-dorpie in 1991 deur 'n paar Afrikaner pioniers aangekoop is, het Orania gegroei tot 'n volwaardige gemeenskap wat vandag die tuiste is van meer as 1 000 permanente inwoners en byna 10 000 uitwoners - d.i. mense wat nog nie hervestig het nie, maar wel deel is van die gemeenskap a.g.v. hul betrokkenheid by Orania.

Groei en Stabiliteit

Orania is veel meer as 'n skoon en veilige Karoodorp wat spog met bestendige bestuur en 'n ekonomie wat daadwerklik groei. Orania is 'n tasbare ideaal waaruit Afrikaners energie tap om vir onsself 'n volhoubare toekoms in Afrika te skep. Orania is 'n plek waar ons die vryheid geniet om onsself te bestuur en ons kultuur te bemagtig. Gepaard met stabiliteit, groei en veiligheid, skep Orania se langtermyn doelwit van Afrikanerselfbeskikking toenemend beleggersvertroue onder Afrikaanse sakelui.

Geen gemeenskap kan in isolasie oorleef nie. Orania skakel op vele terreine met die streek om ons deur proaktiewe ekonomiese deelname, sport, kultuur en dienste. Koopkrag in Orania word beslis nie beperk tot die dorp se inwoners nie. Meer as 20 000 toeriste l jaarliks besoek af aan Orania en ons besighede word daagliks ondersteun deur talle inwoners van ander dorpe in die streek asook die kontrei se groot boerderygemeenskap.

Terwyl die Suid-Afrikaanse platteland besaai is met mislukte dorpe waar wanbestuur, werkloosheid en verstedeliking hoogty vier, staan Orania soos 'n paal bo water uit as 'n dorp wat spog met betroubare dienste, bestendige bestuur, volhoubare groei, werkende infrastruktuur, geen korrupsie en 'n gelukkige gemeenskap.

Orania se bevolking groei teen ongeveer 10% per jaar. Die dorp beskik oor sy eie bank en geldeenheid, nl. die Ora. Deur ons eie geldeenheid te gebruik moedig Orania se inwoners ekonomiese groei aan terwyl plaaslike ondernemings bemagtig word. Die groter koopkrag stel besighede in staat om meer personeel in diens te neem en vinniger uit te brei. Minder geld verlaat die ekonomie en werkloosheid word onder 3% gehou. Die wyse waarop Orania se vryemarkekonomie bedryf word is 'n voorbeeld van lokalisme wat die hele gemeenskap bevoordeel.

In Orania word alle arbeid deur Afrikaners verrig. Die toepassing van volkseie arbeid verseker dat Afrikaners die meerderheid bevolkingsgroep bly in ons grondgebied. Insgelyks word selfbestuur gewaarborg. Daar is twee skole op die dorp en beide spog met 'n 100% matriekslaagsyfer sedert 1991. Orania het ook die enigste dorpsraad wie se boeke sedert 1994 elke jaar klop.

Vind gerus meer uit oor die Afrikanertuiste deur die lief-orania.co.za webwerf te besoek.

Besoek Orania in styl

n Besoek aan Orania is n ervaring wat n mens van meet af vul met sielerus en hoop, maar terselfdertyd ook met n energie wat ons laat besef wat werklik bedoel word met Afrikanervryheid.

Die pragtige Orania Oewerhotel en Spa is gele op die boomryke oewer van die Oranjerivier in die hartjie asemrowende Bo-Karoo. Ons gaste word bederf met luukse 4ster geriewe en die einste vriendelike Afrikaanse gasvryheid waarvoor Orania wreldwyd bekend staan.

Die Orania Oewerhotel en Spa bied 12 stylvol versierde kamers, elk met sy eie en-suite-badkamer. Ons idilliese ligging is perfek vir 'n ontspanne wegbreekkans vir die familie en vriende, asook 'n romantiese ontsnapping saam met die spesiale persoon in jou lewe.

Kontak ons om gerieflike verblyf, restaurant besprekings, spa behandelings en begeleide toere van Orania te rel:

Tel: 076 943 2214 / E-pos: info@oraniahotel.co.za / Web: www.oraniahotel.co.za



© Vry Afrikaner. inligting@vryafrikaner.co.za. Webwerf ontwerp deur QD. Vertoon beste op Internet Explorer. Sien ook lief-orania.co.za en oraniatoere.co.za
Tuis | Volkstaat Ontwikkeling | Sluit Aan | Wie is Ons | Volkstaat Orania | Orania Besighede | Voorsittersverslag | Blog | Kontak Ons